Sirië: Sekuriteitsmagte skiet 10 burgerlikes dood
2012-01-10 22:54
Nicosia – Siriese sekuriteitsmagte het Dinsdag 10 burgerlikes doodgeskiet en 40 ander beseer terwyl hulle deelgeneem het aan ‘n vreedsame optog in Deir Ezzor, het ‘n regtegroep gesê.
“’n Aktivis in Deir Ezzor het gesê dat wat hy vandag gesien het, ‘n regte bloedbad was,” het die Syrian Observatory for Human Rights in ‘n verklaring gesê.
“Meeste van die martelaars was jongmense wat vreedsaam en op ‘n beskaafde wyse betoog het,” het die Brits-gebaseerde groep bygevoeg.
Die Observatory het gesê ‘n ander burger is in Homs deur sekuriteitsmagte doodgeskiet.
Die VN beraam dat meer as 5 000 mense sedert Maart in die land dood is.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP