Sirië: 16 soldate sterf in geweld
2012-01-29 13:25
Nicosia – Minstens 16 Siriese soldate is Sondag dood in aanvalle in die noord-weste van die land en naby die hoofstad, het aktiviste en die media berig.
Tien weermaglede is dood toe hulle konvooi in Kansafra in Jebel al-Zuwiya, in die noord-weste van die land, aangeval is, het die Siriese vereniging vir menseregte gesê.
Die amptelike Sana-nuusagentskap het gesê 'n "gewapende terroristegroep" het ses weermaglede gedood toe 'n bus met militêre personeel in die Sahnaya-buurt naby Damaskus geteiken is.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP