Sirië: 14 sterf toe bomme langs polisiewa ontplof
2012-01-21 21:00
Beiroet – Minstens 14 mense is Saterdag dood toe verskeie ontploffings ‘n polisiewa, wat gevangenes in die noordweste van Sirië vervoer het, geruk het, het die staatsbeheerde nuusagentskap an ‘n opposisiegroep gesê.
Die nuusagentskap SANA het die aanval op “terroriste” blameer en sê dit het plaasgevind op die Idlib-Ariha-hoofweg, ‘n deel naby die Turkse grens waar daar onlangs baie gevegte met afvallige weermaglede was.
Vier bomme wat in “twee fases” afgegaan het, het die vragmotor getref, waarna aanvallers ‘n ambulans geteiken het wat opgedaag het om die beseerdes by te staan, het SANA berig.
Ses polisiemanne wat saam met die gevangenes was is ook beseer. Van hulle is in ‘n kritieke toestand, het die nuusagentskap gesê.
Die mense regtegroep, die Syrian Observatory for Human Rights, het die voorval Saterdag bevestig en het die dood van 11 gevangenes bevestig.
Rami Abdul-Rahman, die direkteur van die groep, sê die vragmotor is deur verskeie bomme wat langs die pad was getref, maar dit was nie duidelik wie agter die aanvalle is nie.
Niemand het onmiddellik aanspreeklikheid vir die aanval aanvaar nie, maar lede van die sogenaamde Free Syrian Army is bekend daarvoor dat hulle aktief is in die omgewing.
‘n Aktivis het gesê die omgewing het verskeie weermagkampe en is vol bomme wat langs die pad geplant word om tenkwaens van die weermag te teiken.
Hy het gesê dat die vragmotor met die gevangenes moontlik nie die regte teiken was nie.
Die aktivis het op die voorwaarde van anonimiteit gepraat.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP