Sinkgat vorm onder bejaarde se bed
2011-07-21 22:58
Guatamala-stad – ‘n Inwoner van Guatamala-stad was erg geskok toe sy besef die luide klank van 'n ontploffing het van haar eie huis af gekom, berig Huffington Post.
Die 65-jarige Inocenta Hernandez het by nadere
ondersoek ‘n sinkgat van sowat 12 m diep onder haar bed gevind.
Niiemand is tydens die voorval beseer
nie.
“Toe ons die geluid hoor, het ons gedink dis ‘n
gasbottel wat êrens ontplof of dat daar dalk ‘n motorongeluk buite die huis
was,” het Hernandez gesê.
“Een van ons bure het egter gesê die geluid
het van óns huis af gekom en toe ons die huis deursoek, kry ons die sinkgat
onder my bed.”
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.