Sikloon tref vloedgeteisterde Aus
2011-01-31 09:50
Sydney – 'n Sikloon het in die vloedgeteisterde oostelike deel van Australië geboue se dakke afgeruk en bome ontwortel.
Beamptes het Maandag gewaarsku dat ‘n erger storm later dié week ‘n groter ramp kan veroorsaak.
Tropiese sikloon Anthony, wat winde van tot en met 150 km/h veroorsaak het, het laat Sondag die kus van die staat Queensland getref.
Geen groot skade is aangerig nie.
“Talle bome is ontwortel... By die hawe self is daar ‘n paar bote met geskeurde dakke en ‘n bietjie puin wat rondlê, maar dis glad nie te sleg nie,” het Terry Much, ‘n visserman, gesê nadat die sikloon die dorp Bowen getref het.
Dele van Bowen, wat sowat 1 100 km noord van Brisbane geleë is, is sonder elektrisiteit nadat die storm die kus getref het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP