Sikloon Tomas tref Fidji
2010-03-15 10:33
Kaapstad – Australiërs wat gedroom het van ‘n Fidji-vakansie kan teleurgestel word nadat sikloon Tomas, wat as ‘n kategorie vier sikloon geklassifiseer is, reeds die eiland se noordkus met winde van tot 175km/h getref het, het meteorologiese dienste (FMS) gesê.
Branders van tot agt meter is ook aangemeld.
Meer as 5 000 mense is ontruim van Fidji se noord-eilande en die getal sal na verwagting binnekort na 7 000 styg.
Qantas, Air Pacific, V Australia en Virgin Blue het almal vlugte na Fidji van Brisbane en Sydney gekanselleer of uitgestel.
Lees die volle berig by The Sydney Morning Herald