Siektes tref Haïti
2010-01-30 14:46
Port-au-Prince – Desperate oorlewendes van die aardbewing wat Haïti 17 dae gelede geruk het is nou ook in gevaar van lewensgevaarlike siektes wat versprei.
Die Verenigde Nasies (VN) het Vrydag ‘n toename in diarree, masels en klem-in-die-kaak in tydelike kampe wat vir oorlewendes opgestel is, aangemeld.
Amptenare sukkel om ‘n dreigende gesondheidsramp te verhoed, wat die dodetal nog verder kan laat toeneem.
“Mediese spanne het ‘n toenemende aantal gevalle van diarree, masels en klem-in-die-kaak tydens die afgelope drie dae in kampe aangemeld,” het Paul Garwood , ‘n woordvoerder van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO), gesê.
Die VN en Haïti se regering beplan om ‘n grootskaalse inentingsveldtog teen hierdie siektes volgende week te loods.
- Sapa