Siberiese tier verskeur bewaarder in China
2010-08-15 09:32
Beijing - 'n Siberiese tier het 'n bewaarder in oostelike China verskeur, nadat dit toegelaat is om in die hok rond te loop terwyl dit skoongemaak is.
Zhan Guanshun was deur die tier aangeval terwyl hy Saterdag die hok by 'n wildbewaringsentrum in die Anhui provinsie skoongemaak het.
Die tier het Guanshun se nek gebyt en die bewaarder het aan hierdie wond beswyk.
China sê dit het byna 6 000 tiere in aanhouding, maar daar is slegs tussen 50 en 60 wilde tiere oor. Dit sluit 20 Siberiese tiere in.
In die 1980s het China tierplase opgerig om te probeer om die diere te bewaar. Die voorneme was om sommige van die tiere in die natuur los te laat.