Sewe sterf toe Taliban landmyn detoneer
2011-01-14 21:00
Kandahar – Sewe mense in Zabul, Afganistan, is dood toe die Taliban na bewering 'n motor met ‘n afstandbeheerde landmyn opgeblaas het.
Die Taliban het blykbaar sewe motors gestop, gekonfiskeer en die bestuurders na hulle basiskamp geneem.
Die motorbestuurders is later weer vrygelaat en opdrag gegee om saam in 'n motor weg te ry.
Intussen is ‘n landmyn in die pad geplant.
Net toe die motor, met die sewe bestuurders daarin, by die landmyn kom het die Taliban dit geaktiveer.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA