Sewe sterf ná tornado Midweste verwoes
2010-06-07 05:22
Washington – Sewe mense is dood en talle huise is verwoes nadat ‘n tornado die noordwestelike deel van Ohio getref het, het ‘n noodbeampte Sondag aan AFP vertel.
“Al sewe sterftes is as gevolg van die tornado,” het die woordvoerder Tamara McBride gesê.
Die tornado het in Wood County, suidoos van Toledo, Ohio plaasgevind.
Volgens die nasionale weerdiens het soveel as sewe tornado’s laat Saterdag en vroeg Sondagoggend die noordwestelike deel van Ohio getref.
Daar word verwag dat nóg skade gerig sal word aangesien die tornado die noordoostelike deel waarskynlik ook sal tref.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP