Sewe sterf in ontploffing by kitskosrestaurant
2011-11-14 13:25
Beijing – Sewe mense is dood en 31 ander het beserings opgedoen nadat ‘n ontploffing Maandag by ‘n kitskosrestaurant in die noordweste van China plaasgevind het, het die staatsmedia berig.
Stadsbeamptes van Xi'an sê ‘n gaslekkasie het die ontploffing veroorsaak, het die nuusagentskap Xinhua berig.
Volgens ‘n brandbestryder op die toneel het vensters van ‘n nabygeleë gebou gebreek en talle motors in die woonbuurt is vernietig.
Die brandweerman sê die meeste van die slagoffers was voetgangers wat verby die gebou geloop het. Hy sê kinders wat skool toe gestap het, het ook gesterf.
‘n Dokter by die Gaoxin-hospitaal sê talle van die beseerdes het kopbeserings opgedoen, het Xinhua berig.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa-DPA