Sewe kinders sterf in vloede
2010-05-08 06:12
Moskou – Minstens 10 mense is hierdie week in vloede in die Republiek van Tajikistan dood as gevolg van drie dae se swaar reën, het ‘n woordvoerder vir die ministerie van burgerlike verdediging Vrydag gesê.
Sewe kinders was onder die sterftes.
Minstens 12 mense van die omgewing, wat 200 kilometer suid van die Sentraal Asiatiese republiek se hoofstad Dushanbe is, was steeds vermis, insluitende vroue en kinders.
Meer as 1 000 mense het hul huise in die vloede verloor.
Die vloed het meeste mense onverwags in hul slaap gevang.
President Emomali Rahmon het die geraakte area besoek en belowe dat noodhulp vinnig by die slagoffers sal uitkom.
- Sapa-dpa