Sewe kinders sterf in dwelmverwante geweld
2010-03-29 22:19
Durango, Meksiko – Sewe kinders is onder die tien jongmense wat deur ‘n gewapende groep in Mexiko se dreigende dwelmoorlog vermoor is, het beamptes Maandag gesê.
Volgens ‘n verklaring wat in Durango vrygestel was, het die moordenaars die jeugdiges Sondag gevra om hul voertuig te stop. Toe hulle die bevel verontagsaam, het die mans op hulle begin losbrand.
Onder die oorledenes was sewe kinders tussen die ouderdomme van agt en sewentien, en drie ander tussen die ouderdomme van negentien tot een-en-twintig.
Dwelmhandelaars is in ‘n twis gewikkel oor handelroetes wat strek vanaf Durango tot by die grense van die staat Sinaloa en Chihuahua.
Meer as 15 000 mense het die afgelope drie jaar reeds gesterf weens dwelmverwante geweld in Meksiko ten spyte van die sowat 50 000 soldate wat regoor dié land ontplooi is.
- Sapa-AFP