Sewe gyselaars in kerk dood
2010-11-01 00:52
Sewe aanbidders is dood en minstens 13 gewond in ‘n reddingspoging om ‘n gyselaarsdrama by ‘n kerk in Baghdad, Irak, te beëindig, het regeringsbeamptes Sondag gesê.
“Die gyselaars is vrygelaat, maar ongelukkig is sewe van hulle dood en verskeie ander beseer,” het ‘n amptenaar gesê.
‘n Beampte in die ministerie van verdediging het ook gesê sewe gyselaars is dood. Ongeveer 13 aanbidders uit ‘n totaal van 40 is volgens hom beseer.
Die aanbidders is vroeër deur skieters wat die kerk bestorm het, gyselaar geneem. ‘n Reddingspoging deur Irakkese en Amerikaanse magte is van stapel gestuur.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP