Sewe beseer toe bom buite kerk ontplof
2011-04-24 15:57
Bagdad – Sewe mense is beseer toe ‘n bom buite ‘n kerk
in Bagdad ontplof.
Volgens ‘n polisieamptenaar, het die bom ‘n
paar meter van die Sacred Heart Church in Karradah se ingang afgegaan.
Daar was gelukkig nie ‘n diens aan die gang
nie en die kerk was leeg.
Skrapnel het die buitekant van die kerk getref.
Vier polisiemanne en drie bystanders is beseer.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA