Seuntjie kruip op verkeerde trok weg, beland in Chili
2011-05-12 22:05
Santiago – ‘n Tienjarige kind van Bolivia wou vir sy ma
in die tronk gaan kuier, maar het op die verkeerde vragmotor weggekruip en aan
die verkeerde kant van die Andesgebergtes opgeëindig.
Franklin Villca het vir drie dae sonder kos of
water in die kompartement van ‘n vragmotor wat minerale vervoer, weggekruip.
“Ek wou net my ma sien,” het die Chileense
seun gesê.
Die seun het in Oruro in Bolivia op die vragmotor
geklim met die hoop dat dit hom Cochabamba toe sal vat, waar sy ma in die tronk
is.
Die vragmotor het in die totale verkeerde rigting gery, bo-oor die Andesgebergtes tot in Chili.
Franklin het in Alto Hospicio afgeklim en deur
die strate van die dorp gewandel totdat ‘n vrou genaamd Margarita Flores haar oor
hom ontferm en huis toe geneem het.
Die polisie het besluit dat die seun by Flores
kan bly totdat hulle hom kan terugstuur na sy eie tuiste in Bolivia.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA