Seuntjie (4) dood ná luiperd huis betree
2011-10-25 16:45
Katmandoe – ‘n Luiperd het ‘n vierjarige seuntjie uit sy huis gesleep en doodgemaak in ‘n dorpie in Nepal, het die polisie gesê.
Die seuntjie is die derde slagoffer van dieselfde dorpie in die afgelope vier maande en polisielede is bevrees dit is dieselfde dier wat die dorpie Bela teister.
“’n Luiperd het ‘n vierjarige seuntjie Sondag uit sy huis geneem,” het die polisielid Surendra Prasad Mainali gesê.
“Hy het in sy huis gespeel. Polisielede het ‘n soektog geloods en sy lyk is in ‘n woud gevind.”
Mainali het gesê luiperds het die afgelope maande verskeie inwoners aangeval en teiken veral kinders.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP