Seun leef ná hy skêr insluk
2010-11-05 20:03
Londen – 'n 12-jarige seun van Bristol, Engeland, het met ligte beserings ontsnap nadat hy 'n skêr ingesluk het, het sy ma gesê.
Curtis Francis is blind en her erge leerprobleme nadat hy bloeding op sy brein gehad het toe hy gebore is.
Karon Edwards, sy ma sê sy het haar rug vir 'n minuut gedraai toe die voorval plaasvind.
"Ek het nie eers geweet mens kan 'n skêr insluk nie".
Die skêr is later onder narkose uitgehaal en Curtis het slegs klein snyplekke aan sy keel opgedoen.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter