Seun lewe ná hy drie verdiepings tuimel
2010-08-01 06:06
Istanboel - 'n Sekerheidskamera wys hoe 'n Turkse kleuter van 'n balkon op die derde verdieping van 'n gebou val en dit oorleef.
Dogan-nuusagentskap berig dat die seun kort ná die val gehospitaliseer is.
Volgens die hospitaal is die kind in 'n stabiele toestand, en kan hy al Sondag ontslaan word.
Ooggetuies en familielede sê hy het op 'n stapel plastiekpype geval.
Die kind se ma het gesê sy moes vinnig in die woonstel hardloop om water in die kombuis te kry, toe die kind val.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA