Seun leef ná hy 20 verdiepings val
2010-10-27 05:11
Beijing - 'n 10-jarige seun van China het oorleef nadat hy 20 verdiepings ver uit 'n woonstelvenster geval en op 'n stilstaande motor beland het.
'n Dokter by die People's Hospital van Guizhou in suidelike China sê 'n seun het skedelbreuke en bloeding op die brein opgedoen en is onder bewaking.
Die staatsbeheerde Xinhua-nuusagentskap berig dat die seun Maandagoggend by die venster uitgeval en 'n motor se agterruit gebreek het.
'n Dokter in die neurochirurgie-afdeling sê dit is 'n wonderwerk dat die kind oorleef het.
Volg Nuus24 op
Twitter
- SAPA