Seun klim berg van 5 925 m
2010-11-08 06:51
Katmandoe, Nepal - ’n Nepalese seun (9) het die jongste klimmer geword wat ’n berg hoër as 5 000 m bestyg.
Tsetan Dorjee het die spits van die berg Ramdoeng (5 925 m hoog) verlede week bereik.
Dié berg is in die Himalaja-reeks.
Tsetan berei hom tans voor vir ’n aanslag op die berg Everest.
Hy wil die jongste klimmer word wat dié spits (8 848 m) bereik.
Nepal se toerisme-raad het gesê daar is weens sy ouderdom twyfel of sy poging toegelaat sal word.
Permitte word net aan mense ouer as 16 jaar toegeken.
Tsetan is in gr. 3 in ’n private skool en is vergesel van sy pa, Pemba Dorjee.
As sy aanslag op Everest suksesvol is, sal hy die rekord verbeter van Jordan Romero (13) wat die berg in Mei bestyg het.
Meer as 300 klimmers het al die berg Everest se spits sedert 1953 bereik.
- Sapa-DPA