Seun kla by polisie oor ma se daggarook
2011-11-16 22:01
Hastings, Minnesota – ‘n Elfjarige seun van Minnesota wat genoeg gehad het van al die daggarook het sy ouers se marijuana-gewoonte by die
polisie aangegee, berig Huffington Post.
Hy het foto’s van die marijuana geneem en aan die
polisie gestuur.
Polisiebeamptes het hul huis in Ravenna
Township naby Hastings deursoek en die seun se ma en stiefpa is in hegtenis geneem.
Die seun het al verskeie kere gekla oor die
reuk van marijuana wat in die huis hang.
Sy biologiese pa het hom aangespoor om die
foto’s te neem, waarna hulle dit aan die plaaslike polisie gestuur het.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.