Seun (8) deur Taliban gehang
2011-07-23 23:12
Kaboel – ‘n Agtjarige seun is in die suide van Afganistan deur vermeende Taliban-militante gehang nadat sy pa, ‘n polisie-kommandeur, beveel is om homself oor te gee, het ‘n regeringswoordvoerder Saterdag gesê.
Die kind is vier dae gelede in Helmand, in die suidelike provinsie van Afganistan, deur militante ontvoer en is Vrydag gehang, het Daud Ahmadi, gesê.
“Militante het sy pa, ‘n plaaslike polisie-kommandeur, gewaarsku om homself met sy polisievoertuig en wapens oor te gee, anders gaan hulle sy kind doodmaak,” het Ahmad gesê.
Die Taliban het nog nie kommentaar gelewer nie.
‘n Sewejarige seun is verlede jaar deur die Taliban vermoor omdat hy ‘n spioen vir buitelandse soldate in dieselfde provinsie was.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa-DPA