Sestien mynwerkers sit vas nà vloed
2009-11-28 16:03
Sestien mynwerkers sit vas na ‘n steenkoolmyn in die noord oostelike gebied van China verspoel het.
Een werker is gered en 16 word nog vermis na die ongeluk by die Zhonghe steenkoolmyn naby Meihekou stad in die Jilin provinsie.
Reddingspogings word blykbaar belemmer deur water en modder in die myn.
Die myn word deur privaat eienaars besit.
Niemand was beskikbaar vir kommentaar nie.
Verlede week is nege mense dood tydens ‘n gasontploffing by ‘n steenkoolmyn in Guizhou provinsie.
‘n Gasontploffing by ‘n steenkoolmyn in Heilongjiang provinsie het verlede naweek 108 lewens geëis.
China se steenkoolmyne is van die mees gevaarlik in die wêreld.
China kry meeste van sy krag deur die verbranding van steenkool .
Daar is gevolglik baie kompetisie in die industrie en veiligheidsmaatreëls word dikwels geïgnoreer in ‘n poging om wins te maak.
- Sapa