Sesjarige tweeling vermis ná pa se selfmoord
2011-02-06 22:05
Rome - Die polisie in Italië, Switserland en Frankryk het ‘n soektog geloods na tweelingmeisies van ses jaar oud nadat hul pa blykbaar selfmoord gepleeg het.
Die liggaam van Matthias Kaspar Schepp, ‘n Switserse burger wat in Kanada gebore is, is naby ‘n treinstasie in die suide van Italië gevind. Die polisie glo hy het homself onder 'n trein in gewerp.
Luidens Italiaanse nuusberigte het die man sy dogters Alessia en Livia by hul ma se huis in Lausanne, Switserland, opgetel, maar hulle nie teruggebring toe hy moes nie. Die paartjie is geskei.
Alfredo Fabbrocini, Italiaanse polisiebeampte, het Sondag gesê Schepp het, nadat hulle Lausanne verlaat het, na Marseille en Toulon gereis voordat hy in Italië aangekom het. Die soektog is in al drie nasies aan die gang.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP