Ses wagte onthoof in bankroof
2010-08-03 11:05
Kaboel – Volgens die polisie is ses sekuriteitswagte onthoof tydens ‘n bankroof in die noorde van Afganistan.
“Na bewering het iemand Maandagaand gif in die wagte se kos gegooi by ‘n tak van die Kaboel-bank in Mazar-e-Sahrif,” het Sherjan Durani , woordvoerder vir die polisiehoof in die Balkh-provinsie, gesê.
‘n Onbekende hoeveelheid bankrowers het die wagte daarna onthoof en met sowat R1 883 000 op die vlug geslaan.
Die polisie is besig om die voorval te ondersoek.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP