Ses sterf ná motor kragpaal tref
2010-06-22 09:37
Manila - Ses mense is dood toe die nutsvoertuig waarin hulle gery het, 'n kragpaal in die Filippyne getref het, het die polisie gesê.
Ses mense, insluitend die bestuurder, is ook in die ongeluk in die suide van Manila beseer.
Sr. supt. Danilo Maligalig, provinsiale polisiedirekteur, het gesê die voertuig het omgeslaan ná dit die paal getref het en sommige van die slagoffers was onder die wrak van die voertuig vasgekeer.
Maligalig sê die polisie ondersoek die saak om vas te stel wat die ongeluk veroorsaak het.
Volg Nuus24 op Twitter
- Reuters