Ses sterf in brand naby Parys
2011-09-28 13:36
Parys – Minstens ses mense is dood toe ‘n brand in ‘n verlate gebou naby die Franse hoofstad uitgebreek het, het die polisie gesê.
Volgens die polisie word dié gebou meestal deur Libiese en Tunisiese immigrante bewoon.
Vier van die oorledenes het verkool en twee mense is dood weens rookinaseming.
Die brand het Woensdagoggend in die een verdieping gebou in Pantin, wat noordoos van Parys geleë is, ontstaan.
Die polisie sê die gebou, wat binnekort gesloop sou word, het sowat 30 immigrante gehuisves.
Brandbestryders soek steeds deur die puin vir moontlike oorlewendes of slagoffers.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP