Ses soldate dood, 60 vasgekeer in sneeustorting
2010-02-08 17:02
Indië – Ses soldate is dood en ongeveer 60 ander is vasgekeer, nadat ‘n massiewe sneeustorting Maandag ‘n Indiese weermag-oefenkamp by ‘n ski-oord in Kasjmir getref het.
Reddingsoperasies by die Gulmarg ski-oord het steeds voortgegaan.
Kol. Vineet Sood, ‘n woordvoerder vir die weermag, het gesê die sneeustorting het die High Altitude Warfare School Maandagoggend omstreeks 11:00 getref, en soldate wat besig was met ‘n oefensessie in die proses meegesleur.
Gereelde reënval en swaar sneeuneerslae is dikwels die rede vir sneeustortings en grondverskuiwings.
Voortdurende sneeu en reën het reddingsoperasies bemoeilik, het Sood gesê.
- Sapa-AP