Ses lede van Al-Kaïda vas vir moordkomplot
2011-10-05 16:58
Kaboel – Ses lede van Al-Kaïda wat beplan het om ‘n
sluipmoordaanval op die president van Afganistan uit te voer, is in hegtenis
geneem.
Een van dié wat in hegtenis geneem is, was president
Hamid Karzai se lyfwag.
Die ander wat deel was van die komplot, was
studente en ‘n universiteitslektor.
Die lektor in godsdienstige studies, Sayed Aqa,
het die studente gewerf.
Hulle was in besit van baadjies wat klaarblyklik
bedoel was vir ‘n selfmoordbomaanval en het verlede maand opleiding vir die
uitvoer van die aanval ontvang.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP