Sendelinge van VSA in Haïti aangehou

2010-02-05 07:48
Tweets Share Share line Print

Port-au-Prince. – Tien Amerikaanse Christene het gister hier in ’n tronk sit en wag om te hoor of hulle van kinderhandel aangekla gaan word.

Hulle het probeer om kinders te verwyder van die aardbewing-geteisterde eiland, waar die dodetal tot 200 000 gestyg het.

Die tien sendelinge is gedagvaar vir ’n verhoor. Daar sal die aanklaers aankondig hoe hulle die saak – wat reeds ’n skadu oor die yslike internasionale reddingsaksie gooi – gaan hanteer.

Die aardbewing van 12 Januarie het een miljoen mense haweloos gelaat. Baie oorlewendes is desperaat vir kos, water en medisyne,. Dit lei tot protes-uitbars­tings in die met rommel en puin bestrooide strate.

Die premier, Jean-Max Bellerive, sê 300 000 mense is beseer, 250 000 huise is verwoes en 30 000 sake-ondernemings is tot niet.

“Haïti se regering het niks vir ons gedoen nie. Ons het geen werk of kos gekry nie,” kla Sandrac Baptiste terwyl sy haar tydelike tentwoning verlaat om aan ’n protesoptog deel te neem.

Terwyl die spanning in die hoofstad hoog loop, het sowat 300 mense buite die burgemeester se kantoor in die Petionville-woongebied betoog.

Nog 200 het na die Amerikaanse ambassade gestap om vir kos en hulp te pleit.

Bellerive sê die sendelinge se geval is ’n “afleiding” vir Haïtiane wat “nou meer oor die lot van 10 mense praat as oor die miljoen mense wat in die strate ly”.

Die vyf mans en vyf vroue van ’n Baptiste-welsynsdiens is aangehou toe hulle die grens na die Dominikaanse Republiek met ’n busvrag van 33 kinders van tussen twee maande en 12 jaar wou oorsteek.

Hillary Clinton, Amerikaanse minister van buitelandse sake, sê dit is “ongelukkig dat dié groep Amerikaners eiereg wou gebruik”.

Dit het aan die lig gekom baie van die kinders het nog ouers of familielede, van wie sommige die kinders aan die groep gegee het.

Die Amerikaners se prokureur, Edwin Coq, sê ’n pastoor van Haïti het toestemming daarvoor gegee.

Ontheemde kinders in die skuddinggeteisterde Haïti verkeer in “aansienlike” gevaar om vir doeleindes van verslawing verkoop te word, en uitgesmokkel of onwettig aangeneem te word, waarsku die VN-kinderfonds gister.

Die fonds se adjunk- uitvoerende direkteur, Hilde Frafjord Johnson, sê ook die aardbewing van 7,0 op die Richterskaal bring die agentskap te staan voor sy grootste uitdaging.

- Die Burger

Lees meer oor: haiti  |  misdaad

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Joos sê... Ek volg nie eintlik die verkiesing nie, maar ek moet sê die paar debatte wat ek gesien het het ek baie van Santorum gehou.Ek hoop eintlik hy maak dit. Of hy die regte kompetisie vir Obama gaan wees weet ek nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. More sun than clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Scattered showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 20-30°C Strong thunderstorms. Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Widely scattered tstorms. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Landcruiser Prado 3.0 DT VX 4x4 8-s Dsl AT
2005
R 299,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Trendline 5-dr
2011
R 120,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.