Sendeling in kop geskiet
2011-01-27 17:00
Dallas – ‘n Vrou, wat glo ‘n Amerikaanse sendeling is, is in ‘n Texas-hospitaal dood nadat sy glo in Mexiko deur gewapende mans geskiet is.
Polisie in Pharr, Texas, sê Nancy Davis se man het vir ondersoekbeamptes gesê sy is deur gewapende mans in die kop geskiet.
Volgens Davis se man is sy in ‘n bakkie geskiet toe die paartjie sowat 112 km suid van die Mexikaanse grensstad Reynosa was.
Die 59-jarige vrou het sowat 90 minute nadat haar man hul bakkie oor die Pharr-internasionale brug bestuur het, gesterf, het ‘n verklaring van die polisie in Pharr gesê.
Polisiehoof Ruben Villescas sê Mexikaanse owerhede het bevestig dat die skietery naby die buitewyke van San Fernando gebeur het. Dié area is een van Mexiko se gevaarlikste plekke.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP