Selfmoordbommer in Irak eis 19 lewens
2011-11-28 20:01
Bagdad – ‘n Selfmoordbommer het 19 lewens geëis toe hy homself
in ‘n plofstof-belaaide voertuig voor ‘n gevangenis buite Bagdad opblaas.
Die aanval het agtuur die oggend plaasgevind
net toe familielede buite die gevangenes vergader om hul geliefdes te besoek.
Volgens die land se binnelandse sake is 13
mense dood en 28 beseer.
Die regeringsdepartement sê meeste van die slagoffers
was tronkbewaarders terwyl vier van die slagoffers burgerlikes was.
‘n Tweede aanval het twee lewens geëis toe ‘n
plofstoftoestel aan die kant van ‘n kar in die Mansur-area van Bagdad geheg
word.
Vier ander is in die aanval beseer.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP