Selfmoordbommer blaas Pakistan-polisiestasie op
2011-05-26 14:28
Islamabad – ‘n Selfmoordbomaanvaller in ‘n bombelaaide bakkie het in ‘n polisiestasie in Peshawar, Pakistan ingejaag en sewe polisielede gedood en verskeie ander beseer.
Die Pakistanse Taliban het gesê die aanval is gemik om wraak te neem op polisie na die sterftes van onskuldige burgers.
Die groep se woordvoerder, Ihsan Ullah, het gesê die polisie voer aanvalle in die naam van die oorlog op terreur op burgers uit.
Die polisielid, Muhammad Ejaz Khan, het gesê ‘n verdere 23 polisielede is beseer.
Sowat 300 kg plofstof is in die bakkie gelaai wat in die polisiestasie ingejaag het.
Lees die volledige storie hier.
Volg Nuus24 op Twitter.