Selfmoordbomaanvaller moor polisieman
2010-04-10 05:38
Moskou – ‘n Vroulike selfmoordbomaanvaller Vrydag 'n polisieman in Rusland se noordelike Kaukasië-streek doodgeskiet en haarself daarna opgeblaas.
“’n Jong vrou het 'n groep polisiebeamptes in die stad Nazran genader. Sy het op hulle geskiet en een polisieman is beseer. Sy het daarna die bom gedetoneer,” het, Madina Khadziyeva, ‘n woordvoerder gesê.
Die polisieman wat gewond is, is later aan sy beserings in die hospitaal dood.
Die aanval kom nadat ‘n golf bomaanvalle die dood van meer as 50 Russe veroorsaak het. Daar word beweer dat vroue, wat deel is van ‘n groter beweging genaamd die ‘Swart Weduwees’ dié aanvalle loods.
- Reuters