Selfmoordbom in Pakistan eis 5
2009-10-23 05:26
Islamabad – Ten minste vyf mense is Vrydag dood in ‘n selfmoordbomaanval by ‘n sekuriteitspunt in Punjab in Pakistan, het polisie gesê.
Die selfmoordbomaanvaller het die motor, wat vol plofstof was, laat ontplof toe die sekuriteitspersoneel dit begin ondersoek het, het Zulfigar Ahmad, ‘n plaaslike polisie beampte, gesê.
- Sapa-dpa