Selfmoord-bomaanval dood 7 in Afganistan
2010-08-05 11:47
‘n Selfmoord-bomaanval met ‘n motor het ‘n konvooi van Navo-troepe en die Afghaanse polisie in die noorde van Afganistan getref.
Sewe polisiebeamptes is dood en minstens 11 mense is beseer.
Die aanval het vroeg Donderdagoggend in die Imam Sahib-gebied gebeur, luidens ‘n verklaring deur die binnelandse ministerie.
Buiten dié wat gesterf het, is ses polisiebeamptes en vyf burgerlikes gewond.
Geen Navo-troepe is in die bomaanval dood nie, het maj. Michael Johnson, ‘n Navo-woordvoerder, gesê. Sommige Navo-troepe is volgens hom gewond, maar hy wou nie sê hoeveel of hoe ernstig nie.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP