Sekstoeriste uit land geskop
2009-09-02 04:49
Los Angeles – Drie Amerikaners is uit Kambodja geskop weens aanklagte van seksuele misdade teen kinders.
Ronald Boyajian, Erik Peeters en Jack Sporich word daarvan aangekla dat hulle oorsee gereis het om seks met kinders te hê.
Hulle is die eerste oortreders wat as deel van “Operation Twisted Traveler” aan die pen ry.
“Twisted Traveler” is ‘n inisiatief vir die bekamping van kinderseks-toerisme in Kambodja.
Die trio het Dinsdag vir die eerste keer in verband met die aanklagte voor die hof verskyn. Hulle het Maandag van Kambodja teruggekeer.
‘n Landdros het gesê die drie seksmisdadigers sal in aanhouding bly tot en met hul verhoor op 21 September.
Boyajian, Peeters en Sporich, het al drie kriminele rekords vir vorige seksuele misdade.
- Sapa-AP