Seksskandaal-politikus onder regterlike beheer
2011-06-23 20:00
Parys – ‘n Franse politikus is van verkragting en
seksuele aanranding aangekla.
Georges Tron, wat die afgelope twee dae in
aanhouding was, is nou onder regterlike beheer.
Dit beteken dat hy die owerhede
gereeld moet laat weet presies waar hy is.
Tron (53) het as junior minister in die
burgerlike dienste bedank ná hy daarvan beskuldig is dat hy sy
vroulike kollegas seksueel geteister het.
Hy het blykbaar begin deur bloot hul voete te
vryf as hulle moeg was, maar dan vinnig seksueel met hulle geraak.
Tron het die klagtes teen hom verwerp.
Volg Nuus24 op Twitter.