Seksskandaal: Kerk het nie genoeg gedoen
2010-09-17 00:40
Edinburg - Pous Benedictus XVI het erken dat die Rooms-Katolieke kerk nie vinnig genoeg opgetree het om met priesters wat kinders verkrag en molesteer, af te reken nie.
Hy het Donderdag op pad na 'n staatsbesoek aan Brittanje gesê die kerk se topprioriteit is nou om slagoffers op hul herstelpad te help en hul vertroue in die kerk terug te wen.
Die pous se kommentaar is die eerlikste bekentenis tot dusver oor die kerk wat versuim het om die seksuele mishandelingskandaal te hanteer.
Honderde slagoffers, waarvan 13 selfmoorde gepleeg het, het vandeesweek nuwe onthullings van mishandeling in België gemaak.
Volg Nuus24 op Twitter
- AP