Seiljagvaarder van SA steeds vermis
2010-03-19 16:31
Wellington – Die soektog na ‘n Suid-Afrikaanse seiljagvaarder is Vrydag in Nieu-Seeland afgelas nadat daar geen teken van hom gevind kon word nie.
Paul Janse van Rensburg (40) is nog nie weer gesien sedert hy op 12 Maart vanaf Tauranga, onderweg na Gisborne geseil het nie. Hy is reeds ‘n week vermis.
Dave Wilson van die reddingseenheid in Nieu-Seeland het gesê die lugmag se vliegtuig asook drie ander vliegtuie het reeds sowat 328 000 km van die oseaan deursoek, maar sonder enige sukses.
Volgens hom was die weerstoestande uitstekend, en is hulle seker dat indien sy seiljag in die omgewing was, sou hulle dit gekry het.
Wilson het gesê die soektog na Janse van Rensburg sal nie hervat word, voordat nuwe inligting nie verkry is nie.
- Vir die volledige storie besoek iol