Seerowers skiet op helikopter
2009-08-27 10:32
Doebai – Seerowers wat ‘n skip suid van die kus van Somalië gekaap het, het skote op die Amerikaanse vloot se helikopter, wat ‘n roetine waarnemingsvlug gedoen het, gevuur, het die vloot gesê.
Die vloot het gesê dat seerowers Woensdagoggend op hul helikopter geskiet het.
Die helikopter het in daardie tyd oor ‘n skip met die naam Win Far gevlieg, net suid van Somalië se hawestad Hobyo.
Die vloot het Donderdag in ‘n verklaring gesê dat die helikopter nie getref is nie en dat niemand beseer is gedurende die voorval nie.
Seerowers het Win Far en sy bemanning in April gevange geneem.
- AP