Sarkozy 'siek' vir Cameron se raad oor euro
2011-10-24 12:04
Londen – Die Britse premier, David Cameron, het met die Franse president, Nicolas Sarkozy, vasgesit oor Brittanje se betrokkenheid by praatjies oor die euro-krisis.
Sarkozy glo die finale praatjies in Brussels behoort Woensdag slegs lande wat die euro gebruik in te sluit, berig die BBC.
Cameron het gesê alle lande van die Europese Unie moet teenwoordig wees om sake wat hulle moontlik kan raak te bespreek.
“Ons is siek daarvan dat jy ons kritiseer en ons sê wat om te doen,” het Sarkozy tydens die samesprekings aan Cameron gesê.
Dié onderonsie is gevolg deur ‘n aparte vergadering van slegs die 17 nasies wat die euro gebruik.
Leiers van die lande het intussen saamgestem om die Unie se verdrag te verander om die krisis rondom die geldeenheid te probeer oplos.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.