Sarkozy noem Israelse premier ‘n 'leuenaar'
2011-11-08 16:35
Parys – Die Franse president, Nicolas Sarkozy, het die Israelse premier, Benjamin Netanyahu, in ‘n gesprek met die Amerikaanse president, Barack Obama, as ‘n “leuenaar” bestempel.
“Ek kan hom nie meer verdra nie, hy is ‘n leuenaar,” het Sarkozy gesê.
“Jy mag dalk moeg wees vir hom, maar ek moet elke dag met hom te doen kry,” het Obama hom geantwoord.
Die Franse webtuiste Arrêt sur Images het die gesprek by die beraad van die G20 aangehaal en ander media het die aanhalings se egtheid bevestig.
Volgens die BBC het verskeie joernaliste die gesprek gehoor, maar daar is nie daaroor berig nie.
Die BBC se Franse korrespondent Christian Fraser het gesê dié besluit is geneem om nie die Franse president in die verleentheid te bring nie.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.