Sarkozy in die sop oor skoonheidsmagnaat se geld

2011-08-31 21:59
Tweets Share Share line Print

Parys - Die kantoor van Frankryk se pres. Nicolas Sarkozy het heftig gereageer op bewerings in 'n nuwe boek dat hy vyf jaar gelede geld vir sy verkiesingsveldtog by die erfgenaam van die L'Oreal-sakeryk ontvang het sonder om dit te verklaar.

Sarkozy se bondgenote meen die aantygings is 'n smeerveldtog teen die toenemend ongewilde president. Soortgelyke bewerings het ook verlede jaar die lig gesien. 

Vrae rondom die finansiering van Sarkozy se presidentsveldtog in 2007 kan sy pogings knou om volgende jaar herverkies te word. Kritici beskuldig hom geruime tyd reeds daarvan dat hy te naby aan superrykes beweeg, kritiek wat hom al meer bedreig namate Frankryk se ekonomie verswak en aanhangers met sy leierskap ontgogel raak.

Die Sosialis Martine Aubry, leier van Frankryk se vernaamste opposisieparty, het reeds gevra vir 'n hernieude ondersoek om vas te stel of Sarkozy onwettig geld van Liliane Bettencourt, Frankryk se rykste vrou, bekom het.

'n Ouditeur van Bettencourt het 'n jaar gelede gesê sy het in 2007 €50 000 kontant aan Sarkozy se partytesourier gegee vir sy verkiesingsveldtog - veel meer as die €4 600 wat die wettige perk op individuele skenkings is. Die aantyging is tydens 'n ondersoek na Bettencourt se finansies gemaak.

'n Boek wat Donderdag bekendgestel word, bevat die bewering dat Sarkozy self die geld ontvang het. Die boek se naam is Sarko m'a tuer ("Sarko het my doodgemaak") en bevat aanhalings deur die regter Isabelle Prevost-Desprez wat sê 'n getuie wat sy ondervra het, het beweer sy het gesien hoe geld aan Sarkozy oorhandig word.

Sarkozy het die bewering as "skandalig, ongegrond en onwaar" afgemaak.

Valerie Pecresse, 'n regeringswoordvoerder, het gesê "die naderende presidentsverkiesing is nie die geleentheid vir allerlei lasterlike bewerings nie".

-Volg Nuus24 op Twitter.

- AP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Ernst sê... Dit lyk vir my of daar geen einde aan die die knegskap en jammer sê is nie! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.