Sarkozy: Frankryk swig nie voor terroriste
2010-10-30 02:38
Brussel – Pres. Nicolas Sarkozy het Vrydag gesê Frankryk gaan nie toelaat dat "enigeen en beslis nie terroriste sy beleid dikteer nie".
Dít volg ná dreigemente van die Islamitiese militanteleier Osama bin Laden.
Bin Laden het vroeër vandeesweek in 'n oudiokasset-opname die land gewaarsku om sy troepe uit Afganistan te onttrek en om nie Moslems te onderdruk nie.
Die aanmaning kom in verwysing na die oorlog in Afganistan, onder leiding van die VSA, en ’n nuwe wet wat Moslem-gesigsluiers in Frankryk verbied.
Volg Nuus24 op
Twitter
- AFP