Saoedi-vroue se reg om motor te bestuur kry steun

2011-06-08 07:30
Tweets Share Share line Print

Pretoria - Vroueregte-aktiviste het ’n reuse-veldtog begin vir die reg van vroue in Saoedi-Arabië om motor te bestuur. Saoedi-Arabië is die enigste land in die wêreld wat vroue verbied om te bestuur. Hulle mag nie eens fiets ry nie.

Moslem-geleerdes is dit egter eens daar is niks in Islamitiese geskrifte wat vroue dit verbied nie.

’n Koalisie van vroue-regte-aktiviste het ope briewe geskryf aan Hillary Clinton, Amerikaanse minister van buitelandse sake, en Catherine Ashton, die Europese Unie se verteenwoordiger vir buitelandse sake, het die organisasie change.org Dinsdag gesê.

Teen Dinsdagmiddag het meer as 19 000 mense in minstens 65 lande reeds dié briewe onderteken op ’n internetversoekskrif (www.change.org).

Dit kom nadat die aktiviste vroeër kon help dat Manal al-Sharif, ’n Saoedi-ma wat in hegtenis geneem is omdat sy bestuur het, vrygespreek word. Altesame 70 000 mense in 156 lande het die versoekskrif onderteken.

Amerikaanse diplomate het die afgelope tyd stilletjies begin druk plaas op die regering om vroue se reg om motor te bestuur, te erken.

’n Onlangse reeks inhegtenisnemings het die aktiviste genoop om Clinton en Ashton te druk om hul stem oor die saak te laat hoor. Die aktiviste het in die briewe geskryf hul land is al bestempel as die grootste “vrouetronk” in die wêreld.

Hul alledaagse roetine word geweldig ontwrig, omdat hulle telkens vervoer na plekke moet reël. Hulle mis byvoorbeeld doktersafsprake en werkgeleenthede.

Die situasie word soms uitgebuit deur eggenote, broers, pa’s en selfs motorbestuurders. ’n Vrou is onlangs deur haar motorbestuurder verkrag, beweer die vroue in die briewe.

Saoedi-vroue word selfs verbied om in openbare busse te ry. Daar waar hulle wel mag, moet hulle heel agter sit.

Hulle mag nie stem nie, het geen eiendomsreg nie en verteenwoordig sowat 5% van die arbeidsmag.

Hulle mag nie eens bank toe gaan sonder hul mans of ’n rekening oopmaak sonder hul toestemming nie.

Ontleders meen die vroue se omstandighede kom neer op ’n soort geslagsapartheid.

Die aktiviste reël nou ’n reuse-protesaksie ten tyde waarvan vroue van oor die land heen op 17 Junie in motors gaan klim en openlik gaan bestuur.

- Volksblad

Lees meer oor: saoedi-arabië  |  vroueregte

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Ernst sê... Dit lyk vir my of daar geen einde aan die die knegskap en jammer sê is nie! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.