Saoedi-moordenaar se kop afgekap
2011-05-26 16:35
Riaad – Saodi-Arabië het ‘n man, skuldig bevind is aan die moord op twee landsgenote, onthoof, het die binnelandse ministerie gesê.
Walid al-Ghamdi het sy twee slagoffers glo met ‘n masjiengewer doodgeskiet, het die staat se televisiekanaal berig.
Ghamdi is in die dorp Al-Baha onthoof.
Hy is die 19de persoon om vanjaar sy doodstraf in dié land te onvang.
Moord, verkragting, gewapende roof en dwelmhandel is alles met die dood strafbaar volgens die land se streng weergawe van die Islamitiese Sharia-reg.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP