Saoedi-Arabiese kroonprins oorlede
2011-10-22 11:37
Riaad – Die Saoedi-Arabiese kroonprins Sultan bin Abdel Aziz Al Saud is Saterdag in die ouderdom van 85 oorlede ná hy lank siek was, het staatstelevisie berig.
Die 85-jarige kroonprins was die halfbroer van Saoedi-Arabië se Koning Abdullah, wat twee jaar ouer as hy is en ook onlangs gesondheidsprobleme ondervind het.
Die mees waarskynlike kandidaat om Sultan bin Abdel as Abdullah se opvolger te vervang is nou Prins Nayef, die minister in beheer van die koninkryk se binnelandse verdedigingsmagte.
Volgens die aankondiging is Sultan bin Abdel buite Saoedi-Arabië dood, maar meer besonderhede oor waar presies hy dood is, is nie gegee nie.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA