Saoedi-Arabië: Vrou onthoof weens heksery
2011-12-12 19:02
Saoedi-Arabië – 'n Vrou is Maandag in Saoedi-Arabië onthoof nadat sy daaraan skuldig bevind is dat sy heksery beoefen, wat verbied word in die uiters konserwatiewe koninkryk, het die ministerie van binnelandse sake gesê.
Amina bint Abdulhalim Nassar is in die Al- Jawf distrik onthoof omdat sy heksery beoefen, het die ministerie in 'n verklaring gesê.
Dit is nie bekend hoeveel vroue al in Saoedi-Arabië onthoof is nie, maar 'n vrou is in Oktober onthoof nadat sy haar man doodgemaak het deur sy huis aan die brand te steek.
Vanjaar is daar reeds 73 mense in Saoedi-Arabië onthoof.
In 2010 is daar 27 mense onthoof, in vergelyking met 67 die vorige jaar.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP